Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika is in 1953 gestig. Die oorspronklike doel van die Vereniging was om tradisies, deugde en ideale van die Hugenote te onderhou en ontwikkel. Mettertyd het die onderhoud van die Hugenote-Gedenkmuseum en die Monument, die hooffokus geword.
LEES MEER OOR DIE GESKIEDENIS VAN DIE HUGENOTE-VERENIGING VAN SUID-AFRIKA.
Die Vereniging publiseer ‘n Bulletin en drie nuusbriewe per jaar om sy lede op hoogte te hou van komende geleenthede, lidmaatskap-aktiwiteite, nuus oor die Vereniging, nuwe produkte en genealogiese navorsing.
Stamvader Hendrik Willem BALLOT
Bibliofiel en intellektueel
Vyf geslagte BERRANGÉ
Ds Jan Berrangé en Napoleon
Faurite to Fourie – What’s in a name?
Die suiwerste Hugenoot
Flying Aces of WWII
Drie Du Plessis broers
The Huguenot Tower of Babel
‘n CD met al die Hugenote Bulletins vanaf 1963 tot 2004 is by die winkel beskikbaar. So ook genealogiese studies oor Suid-Afrikaanse families met Hugenote-name, deur die Vereniging uitgegee.
Die HVSA se nuwe boek Hugenote aan die Kaap, beskikbaar in Engels, Afrikaans en Frans, vertel deur deeglike navorsing en gesofistikeerde ontleding die verhaal van die vervolging van die Hugenote in Frankryk en die vestiging van ongeveer driehonderd van hulle aan die Kaap in die laat sewentiende eeu. Dit bestaan uit 259 bladsye met verskeie kaarte en ‘n gedetailleerde, uitvou-register van alle Hugenote wat na die Kaap gekom het.
Die boek beslaan 600 bladsye, waarvan die eerste 50 ’n historiese oorsig gee van die familie en die res die register vorm.
Die HVSA se algemene jaarvergadering word elke jaar op die laaste Saterdag in Oktober in Franschhoek gehou. Op die AJV word ‘n praatjie oor die Hugenote gelewer en ‘n informele middagete word bedien. Lede het die geleentheid om idees uit te ruil en die nuutste publikasies te koop. Die HVSA reël die herdenking van spesiale datums en geleenthede om die Hugenote-nalatenskap in Suid-Afrika te vier. As voogde van die Hugenote Gedenkmuseum verseker die Vereniging dat waardevolle argiefmateriaal en artefakte verkry en saamgestel word.
Die HVSA moedig akademiese navorsing oor Hugenote-geskiedenis aan en ondersteun dit deur ‘n beurs aan ‘n nagraadse student vir navorsing oor die Hugenote-onderwerp beskikbaar te stel. Die organisasie plaas ’n hoë premie op genealogiese navorsing en publiseer ‘n verskeidenheid genealogiese en historiese boeke. Die organisasie bied ook die geleentheid vir skakeling tussen genealoë en beskik oor ‘n databasis vir navorsing oor die Hugenote. Inligting word met ander organisasies in ander lande uitgeruil.
Die Vereniging se doelwitte, in breë trekke, is om die Hugenote se nalatenskap in Suid-Afrika en elders te bewaar en te bevorder deur die rekords van die setlaars en hulle afstammelinge by te werk. Die rekords word in die Hugenote-Gedenkmuseum gehou. Die Vereniging is aktief betrokke daarby om bande met Hugenote-verenigings in ander dele van die wêreld te bou en te versterk.
Die lidmaatskap van die Vereniging is oop vir almal wat die doelstellings van die Vereniging ondersteun.
Ledegeld is:
Die AJV word in Franschhoek en in Pretoria gedurende die laaste week van Oktober (Hervormingsweek) gehou.
Teken in en ontvang ons jongste Nuusbrief en opdaterings.