Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika is in 1953 gestig. Die oorspronklike doel van die Vereniging was om tradisies, deugde en ideale van die Hugenote te onderhou en ontwikkel. Mettertyd het die onderhoud van die Hugenote-Gedenkmuseum en die Monument, die hooffokus geword.
Die Hugenote was toegewyde protestante uit Frankryk en die Suidelike Nederlande, wat die leer van die teoloog, John Calvin, aangehang het.
Baie van hulle het gedurende die 17de eeu uit hulle lande gevlug om vervolging te ontwyk, sodat hulle vryelik godsdiens kon beoefen.
Hulle het nuwe tuistes in Engeland, Ierland, die Protestantse Europa en die Atlantiese wêreld gevind. Baie het hulle toevlug tot die Nederlandse Republiek geneem waar ‘n klein aantal deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie gewerf is om die maritieme diensstasie aan die Kaap die Goeie Hoop te versterk.
[sg_popup id=”3620″ event=”inherit”]BESIGTIG DIE KAART VAN DIE HUGENOTE SE PLEKKE VAN HERKOMS[/sg_popup]
KOOP ’N KAART VAN DIE HUGENOTE-PLASE
Die Hugenote-Gedenkmuseum dokumenteer “die aangrypende verhaal van die gruwelike vervolging van die Hugenote in Frankryk en die vestiging van ongeveer driehonderd van hulle aan die Kaap die Goeie Hoop gedurende die laat sewentiende eeu.
Alhoewel hulle nie hul taal kon behou nie, het hulle ’n groter bydrae as die vryburgers van die Nederlandse Republiek of die Duitse state tot die materiële en maatskaplike ontwikkeling van die Kaapse nedersetting gelewer”. Die historikus, Hermann Giliomee.
Die Hugenote-monument is op 17 April 1948 ingewy. Die eenvoud en elegante lyne van die monument lê klem op die Franse historiese aard daarvan.
Die vrouefiguur met ’n Bybel in die regterhand en ’n gebreekte ketting in die linkerhand verpersoonlik die gees van geloofsvryheid. Die fleur-de-lis (Franse lelie) op haar mantel stel ’n edelmoedige gees en karakter voor.
“Ons laat iets van ons agter as ons ’n plek verlaat; ons bly daar selfs al gaan ons weg.” Pascal Mercier, Night Train to Lisbon.
SEKRETARIS:
Me. Amelia Wolmarans
Posbus 293
FRANSCHHOEK
7690
Tel. +27 (0)21 876 2598
Teken in en ontvang ons jongste Nuusbrief en opdaterings.