Viljoen
Familieregister
(4de Uitgawe) Boek (vol. 1-4)
R1200.00
Viljoen Familieregister: Dit beslaan vier boekdele van meer as 2000 bladsye en verteenwoordig die genealogie en kort familiegeskiedenis van die nasate van Francois Vilion, Hugenote-vlugteling, wat in 1671 as soldaat in diens van die VOC hom aan die Kaap van Goeie Hoop gevaar het, en later as vryburger sy beroep as wamaker beoefen het, en sy eggenote Cornelia Campenaar van Middelburg, Nederland, met wie hy in 1676 aan die Kaap in die huwelik getree het. Die egpaar vestig hulle op die plaas Idasvallei, Stellenbosch. Twee van hul kinders, Henning en Johannes, het die stamnaam voortgeplant met onderskeidelik die Henning stam en die Johannes stam van die Viljoens.
Deel 1 van die reeks bevat artikels oor die geskiedenis van die eerste Viljoen geslagte en bepaald die stamvader, die Viljoen familiewapen, die Viljoens van die VSA, interessante en bekende Viljoens, en die volledige naamlys van Viljoens en hul aangetroudes. Die Henning stam se genealogie verskyn in Deel 2, en die Johannes stam se genealogie in Deel 3 en Deel 4.
Additional information
Weight | 3.86 kg |
---|---|
Dimensions | 19 × 26 × 12.2 cm |